Wednesday 22 May 2013

Volksblad : Seldsame verskynsel in hemelruim te sien


23 Mei 2013 18:00 - Westelike horison - Jupiter bo, Venus en Merkurius onder

Volksblad : Seldsame verskynsel in hemelruim te sien

KAAPSTAD. – Venus, Jupiter en Mercurius gaan binnekort ’n dans in die lugruim uitvoer om uiteindelik ’n driehoek te vorm.
Dié planete sal van 22 Mei af saans sowat ’n halfuur tot ’n uur ná sonsondergang mooi begin wys.
Maar moenie 26 Mei misloop nie, want dán sal die drie op hul mooiste wees.
Die vorige keer wat die drie plante só ’n driehoek gevorm het, was in Mei 2011.
Ná vandeesmaand sal dit eers weer in Oktober 2015 sigbaar wees, volgens dr. Tony Phillips van Nasa.
Willie Koorts van die Suider-Afrikaanse Sterrewag (Saao) sê ’n mens moet laag op die horison kyk en eers soek na Venus, die helderste van die drie.
Die driehoek sal mooi sigbaar wees, selfs sonder ’n teleskoop, maar dit sal mooier deur ’n verkyker wees.
– Elsabé Brits