Friday 13 January 2012

Komeet Lovejoy op 1 Januarie 2012


 Uiteindelik kon ek ook vir komeet Lovejoy sien. Die wolke het Nuwejaarsnag in die niet verdwyn en so in die deinserigheid oor die see by  Reebok het ek so 03:00 na die wasigheid begin soek. Eers niks, maar toe het ek die stert se kante as `n skerp lyn met 'n verkyker (12 X 50) gesien. Dof maar daar. Die ligbesoedeling is nogal `n probleem - Die son wat amper opkom en die ligte van Mosselbaai.  By `n lekker donker plek sal mens die komeet dalk met die blote oog kan waarneem. Nie hier oor die see nie.

Selfs op die foto is die komeet baie dof. Kyk mooi. Dit kern is net buite Ara en dan loop dit reg deur Triangulum Australe.(Op die nuwe verwerkte foto is die komeet baie dudieliker)

Oor 'n paar dae gaan die komeet reeds vroegaand sigbaar wees. Dit moet baie donker wees.

Fotoinligting: Canon 30D op driepoot gemonteer; fokale lengte: 17mm x1.6; 3 minute beligting; f6.3; ISO 800; Foto baie effens met Lightroom verwerk. Finale verwerking met Neil Carboni se Astronomy Tools in Photoshop.

Groete
Hannes Pieterse

(Comet Lovejoy)