Tuesday 29 March 2011

Werskwinkel by Boyden-Sterrewag - Saterdag, 9 April 2011


Foto by Boyden geneem tydens die Venus/Maan okkultasie

Kom sluit die vakansie af met `n Sterrrekunde-belewenis!

Die Bloemfontein Amateur Sterrekundige vereniging hou op 9 April `n Werskwinkel by Boyden-Sterrewag, by Bloemfontein.

Dit gaan `n praktiese dag wees, waar deelnemers gaan leer om met ander oë na die uitspansel te kyk.

Datum: Saterdag, 9 April 2011
Tyd: 14:30 vir 15:00 - 22:00
Plek: Boyden-Sterrewag, by Bloemfontein.
Werkswinkel: Sterrekunde vir beginners

Van die lesings is onder meer: `n Zoemreis van 100 meter bo Boyden tot `n paar miljoen ligjare verder; Astrowaarneming vir beginners; Wat kan ons alles in die naghemel waarneem en later gaan kyk ons daarna; Inligting oor Teleskope en verkykers voor jy gaan koop.

As dit donker word gaan ons met `n verskeidenheid teleskope en verkykers kyk na al die voorwerpe waarvan ons vroeër gehoor het. Voor die maan teen 20:00 sak gaan ons ook na die hemelliggaam kyk. Jy gaan ook die geleentheid kry om self na iets in die lug te soek.

Pak vir jou `n piekniekmandjie vir die aandete en kom geniet die hemelruim. Ons sal sorg vir koffie en koeldrank.

Die koste vir die werkswinkel is:
  1. Per gesin (3) = R240; Ekstra kind = R60; 
  2. 1Volwassene = R 120; 
  3. Skoolkind en volwassene R180;
    (Kinders graad 7 tot 9 moet deur ouers vergesel word.
    Elke inskrywing ontvang `n Sterrekunde DVD propvol inligting en nuttige sterrekunde sagteware.
  4. Klublede van die Bloemfontein Sterrekundevereniging is R60.