Friday 11 November 2011

Sonvlekke vir Afrika!



Hou bietjie die sonvlekke dop.  As jy Donderdagaand Sterre en Planete geluister het sou jy die waarskuwing vir die volgende paar dae gehoor het:  GPS, Internetverbindings en selfone gaan in die hek duik en dit as gevolg van al die sonaktiwiteite.
  • Loer hoe lyk dit op die son by http://spaceweather.com/.  Wanneer laas was daar so baie aktiwiteit.  Klik op die klein sonnetjie links op die spyskaart.

    Onthou dit is gevaarlik om sonder die regte toerusting na die son te kyk. Jy het spesiale filters nodig. Moenie deur `n verkyker of teleskoop direk na die son kyk nie. Jy sal jou sig verloor!