Thursday 21 July 2011

Vaarwel aan NASA se ruimtependeltuig, Atlantis

Willie Koorts:

Wat ‘n fantastiese manier om die Pendeltuig program vaarwel te roep!  Na Oleg se voorspelling dat die twee ‘n paar minute uitmekaar sou wees en Rudie se opmerking op Facebook dat hulle verby die Suiderkruis gaan vlieg, het ek my foto beplan deur op een plek te konsentreer en agterna die fotos te kombineer.  Ek was so besig om te konsentreer op Atlantis, dat ek eers later besef het dat ISS so kort na dit volg, om die waarheid te sĂȘ, hulle was naby genoeg om in een veld te pas, maar ek moes deurdruk met my beplande foto.
Dit was wonderlik dat ons so goed geplaas was vir die swanesang, en boonop ook nog perfekte weer in die middel van die winter!