Tuesday 31 May 2011

Kom bou jou eie teleskoop!

 Inligtingsessie:  Kom bou jou eie teleskoop! 

Datum: 4 Junie 2011 (Saterdag)
Tyd:  18:00
Plek: Boyden-sterrewag
Aangebied deur die Bloemfontein Sterrekundevereniging

Thinus van der Merwe,
`n gesoute teleskoopbouer van die vereniging, met `n hele paar teleskope op sy kerfstok, gaan ons meer oor die projek vertel.
  • Hy gaan ook vir ons `n praktiese demonstrasie gee van die stappe om `n spieël te slyp.
Vir wie:  Almal wat belangstel om sy eie teleskoop te bou.  `n Lekker gesinsprojek.
Nee, dit is nie net `n projek vir die manne nie. Mia Zeelie, van die vereniging het vroeër haar eie teleskoop gebou.
Waaroor gaan ons praat?
- Koste van so `n projek.
- Hoe gaan ons die projek aanpak?
- Is dit goedkoper as om `n teleskoop te koop?
-
Hoe maklik is dit om dit self te doen?
- Wat het jy alles nodig om so `n projek aan te pak?
- Waar kry jy al die benodigdhede vir so `n projek?
- Hoe slyp mens self die spieël?
- Het jy duur toerusting nodig om die voetstuk/basis te maak?
- Wie gaan help as jy vashaak?
- Hoe lank gaan die projek neem?
- Is `n selfgemaakte teleskoop beter as `n gekoopte teleskoop?
  • As daar nog vrae is kan jy dit gerus vir ons stuur. e-pos aan: assabfn@gmail.com  Die kundige ouens sal dit Saterdagaand beantwoord.
Besoek ons 2007 webblad toe ons `n soortgelyke projek aangepak het en loer na die teleskope wat gebou is.
Daar is ook `n paar kort videos oor die slyp en bouproses van `n teleskoop.
Ons sal ook van die selfgeboude teleskope by Boyden hê, sodat jy kan sien hoe dit lyk. 
As die weer saamspeel sal ons ook deur `n selfgeboude teleskoop kan kyk.
Die kanse is goed dat jy al so `n teleskoop by Boyden op die platform gesien het.

Laat weet asseblief of jy die geleentheid gaan bywoon.
e-pos aan: assabfn@gmail.com