Friday 7 May 2010

S&T in Bloemfontein

Vir kennisname

Ek sien die Sky and Telescope-tydskrif is nou by die Mimosa Mall se Exclusive Books in Bloemfontein beskikbaar,

`n Maand laat en teen `n hele R99.00 per eksemplaar.

Steeds goedkoper om in te teken.

Astronomy (USA) is darem al lankal beskikbaar.

As jy dit gereeld wil kry kan jy vir die toonbankpersoneel vra om maandeliks een vir jou te bêre. 

Groete

Hannes Pieterse

Maak jou waarnemings maklik met dié sagteware

Sagteware wat jou waarnemings baie maklik kan maak. Gaan loer gerus.

Ongelukkig is dit nie gratis nie.


(Nee, ek kry nie iets as vergoeding nie.)

Groete

Hannes Pieterse

Sunday 2 May 2010

Op die waarnemingsplatform

Groete
Hannes Pieterse

Wikisky


Hier is `n wiki waar jy vir ure kan rondspeel. Gaan ontdek self.

- Op die glyskaal links bo vergroot jy die kaart.
- Kliek op die muisikon heel links om na die Beta Skybrowser te gaan. Kliek dan op die afpyltjie (Sien foto hier onder en kies dan van die verskillende opsies wat gebied word.
- Ek weet nie hoe hierdie met Telkom se koperdraad gaan werk nie. Dalk nie! Laat weet asb.
- Kliek op die foto's om te vergroot.

Groete
Hannes Pieterse