Thursday 4 March 2010

Magda Streicher vertel wat in die Verkleurmannetjie (Chamaeleon) te sien is.


So onder ons neuse ontdek `n skoolseun van Welkom `n asteroïde

Die berig het vroeër die week in Volksblad verksyn. As julle in die argief van ASSA Bloemfontein gaan rondwaal sal julle sy naam raaklees. Hy het al by die klub `n lesing gegee.
  • Besoek Volksblad op die web
  • Sterre en Planete: Luister na die jongste potgooi op RSG. Hennie Maas gesels met Ernie en ook met Prof Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat oor die soektog na miniplanete.
    - Klik hier

ONTDEKKING:’n Welkomse matriekseun het die eerste leerling in Afrika geword wat ’n nuwe asteroïed (miniplaneet) ontdek het en het daardeur vir homself ’n benoeming as Beste Jong Wetenskaplike in Afrika vir 2010 verseker. Ernie Halberg (17) het die miniplaneet wat Asteroïed 2010 DC2 genoem word, op 18 Februarie ontdek.
Foto: Tom de Wet (Volksblad - Welkom)


2010-03-02 02:12
Welkomse skoolseun ontdek planeet
Tom de Wet

WELKOM. – ’n Welkomse matriekseun het die eerste leerling in Afrika geword wat ’n nuwe asteroïed (miniplaneet) ontdek het en het daardeur vir homself ’n benoeming as Beste Jong Wetenskaplike in Afrika vir 2010 verseker.

Ernie Halberg (17) van die Goudveld-Hoërskool, lid van die Sterrekunde-vereniging van Suid-Afrika en die Afrika-ruimteskool, het die miniplaneet wat Asteroïed 2010?DC2 genoem word, op 18 Februarie ontdek terwyl hy via die internet ’n klein gehuurde G4-teleskoop, wat in Nieu Mexico gesetel is, gebruik het.

Ernie se soektog het behels dat hy ure aaneen teen die agtergrond van sterre vir onbekende bewegende voorwerpe soek.

Mnr. Andrew Lowe van Kanada, Ernie ?se ?oefenmeester ?en veteraan-planeetjagter, ?sê ?Ernie het die spesifieke soekwyse maande lank gebruik totdat hy die aand ’n helder en onbekende voorwerp opgemerk het. Hy het die koördinate op drie verskillende tye gemeet en vir Lowe ge-epos.

Lowe het dit nagegaan en bevestig dat dit wel ’n voorheen onbekende voorwerp in die ruimte was.

Die weer het saamgespeel en Ernie het dit die volgende nag weer afgeneem. Die proses is ’n derde nag herhaal en daar is toe vasgestel dat die planeet in ’n baie tipiese wentelbaan in die middel van die Asteroïdegordel beweeg.

Die inligting is deur Lowe na die Miniplaneetsentrum in Cambridge gestuur. Daar is die data verwerk en herbevestig dat dit nuut is. Die miniplaneet is toe 2010 DC2 genoem. Dit is sowat 2 km in deursnee en vat 4,23 jaar om rondom die son te wentel.

Lowe sê 2010 DC2 se wentelbaan veroorsaak dat dit nou die duidelikste sigbaar is die afgelope 13 jaar. Vroeër was sy sigbaarheid vaag en in die noordelike of suidelike lugruim waar professionele opmeters nie gesoek het nie.

Lowe sê hy prys Ernie vir die ontdekking omdat dit baie ure se werk in die ?nag ?verg, terwyl ?hy ook baie ?skool- en ander verpligtinge het.

Ernie se prestasie is reeds aan die departement van onderwys, wetenskap en tegnologie oorgedra.

Lowe sê hy is seker dat Ernie verskeie eerbewyse vir dié prestasie sal kry.

Ernie, kitaarspeler van die Goudveldse Christen-metalgroep Shadowed by Serpents, is die seun van dr. Ernie en mev. Melani Halberg van Welkom.

- Volksblad