Tuesday 2 November 2010

Solar ring sigbaar in Gauteng: Pretoria en Secunda


Foto:  Roland Friend, Secunda.
So 10:30 (Maandag 1 November) bel my broer Ben uit Johannesburg. "Daar's `n sirkel om die son! Gaan kyk! Ek besef dadelik wat dit is, want die vorige een was `n sirkel om die maan (Sien blog). Tog loer ek by die venster uit en sien niks. Dit het toe die vorige dag by hulle gereën en hoë cirrus wolke was nog in die lug. 

Skaars `n halfuur later storm  kollega Nellie Friend  van die Universiteit by my in en vertel van die kring om die son, maar die son is te skerp en sy  kan dit nie sien nie. Haar seun, Roland Friend van Secunda het gebel en gesê sy moet kyk. Hy het ook die foto hier bo geneem en vir ons aangestuur. 

Ek kan nie die foto dadelik op die blog laai nie en stuur dit vir Auke Slotegraaf in die Kaap. Hy is toe in dieselfde bootjie - besig om van internet versakaffers te verander. Hy kon toe darem die foto gistermiddag op sy blog gaan laai.

Besoek dit gerus: psychohistorian.org en lees meer oor die verskynsel.

Solar ring visible in Gauteng Pretoria and also Secunda.