Tuesday 10 August 2010

Starparty 2010: Sluit af met `n vuurstreep oor Kambro by Britstown

 Klik om te vergroot

"Kyk daar!" skree ek vir Louis en Pieter. 

Na die wind uit die Weste ons forseer het om om op te pak het ons so teen 10:00 by Auke se blyplek op die stoep gaan sit en gesels.  En drie koppies koffie later en amper Maandag is ons daar weg. 

 Dit is Maandagoggend 00:03 toe ek die meteoor net so links van die Groot Magellaanse wolk sien. 

"Ok! dink ek. Die hele naweek was daar baie van die goed.  Net nog een. Die verskil is hierdie een is helder en dit hou nie op nie. `n Lang geel -oranje vuurstreep met vonke stert agter  die kern aan. 

Ek skree vir die Pieter en Louis (Fourie)  om te kyk.  Ook hulle volg die vuurstreep so van tussen  die middel van die Magellaansew wolk en die Suiderkruis tot net verby die Suiderkruis. 

Was dit dalk `n stuk van `n satelliet wat ingekom het of kon dit `n meteoor wees? Met die horsisontale trajek het dit lank in die boonste lae van die atmosfeer vertoef.

(Ons het net koffie gedrink ;-)

Beslis `n hoogtepunt om die naweek mee af te sluit. Laat weet asseblief wie die vuurstreep gesien het.

Dankie aan almal vir `n wonderlike naweek by Kambro (Naby Britstown)

Ek is besig met die foto's en sal die skakel hier op die blog pos en ook vir Auke stuur.

Hier is solank `n klompie foto's wat Auke  gelaai het: www.psychohistorian.org

Groete

Hannes Pieterse