Friday 27 August 2010

Gaan Mars ons vannag, as ons slaap, insluk?


"No wonder... You're looking at ............"  (Fill in the town or city where you are staying).

Miskien moet ons liewer nie vannag gaan slaap nie. Sê nou net!

Hier is my teorie oor die twak wat via e-posse versprei word.

27 Augustus het gekom en gegaan!

Hier sit ons nog.  Ok die dag het nog `n paadjie om te loop.

Loer op die blog vir die absolute waarheid: Klik hier


My eie conspiracy theory! 

Hierdie twak wat rondgestuur word werk soos volg: Iemand - (wat die eerste boodskap uitstuur) begin om die e-pos aan `n paar ongelowiges te stuur. Dit word dan van een ongelowige tot die volgende ongelowige gestuur. Soos `n kettingbrief.

Die adresse word meer en meer. Later is daar duisende adresse. Die ou wat die brief begin rondstuur het lag al die pad. Hy oes al die adresse en stuur aan almal `n boodskap dat hulle bankbesonderhede foutief is.

"Klik op hierdie skakel en gee vir my al jou bankbesonderhede want ek wil jou van jou geld verlos!"  Of jy het $30 000 in die US-lotto gewen (Lees eintlik Ponde en in die UK, maar ek kry nie die pondteken nie). Of jy kan geld bydra vir `n arme kind wat verkrag is (wat nie bestaan nie) se kos en klere en hele skoolloopbaan.

Daar is baie van die skelmstreke!

(Vul jou dorp/stad  se naam in onder die foto, as jy dié twak glo!)

Terloops. Kliek op die boonste skakel. Ons hou van baie besoekers op die blog. Stuur die adres aan nog duisende mense sodat hulle presies kan weet wat aangaan. Stuur dan al die e-posadresse vir my. Ek kan dit baie goed gebruik. Ha! Ha! Ha!
(The devil made me do it!   ;-)

Om te bevestig dat Mars in `n verskriklike moeilike bui is: Klik hier 

Klik op die  O . As niks gebeur nie sal Mars nie so groot soos die maan word nie!
- Doen dit op jou eie risiko. 

Terloops. Die maan was Woensdag, 25 Augustus net na volmaan op sy verste punt van die aarde in die eliptiese baan waarin dit beweeg. Dit word apogee genoem. Dit was `n hele 406 388 km van die aarde af. Lees gerus jou Skyguide vir 2010 - Bladsy 30). 

- 17 Januarie 2010 was die maan ook in apogee. Verste weg van aarde (406 343 km)

- 20 Mei 2010, 10:30,  Maan in perigee. Naaste aan die aarde (369 733km)
- 25 Augustus 2010, 0730. Maan in apogee  (406 388 km vanaf aarde)
- 25 Desember 2010, Maan in perigee, (368 465 km vanaf aarde).


Apogee en Perigee: So lyk dit 
 
(Dis feite en nie versinsels nie).

Groete
Hannes Pieterse