Tuesday 12 January 2010

Gedeeltelike sonverduistering Vrydag, 15 Januarie.


Net so `n katspoegie van `n verduistering. Die enigste vir 2010 hier in die Suide. Op die voorstelling wat met TheSky 6 gemaak is kan mens sien hoe die gedeeltelike verduistering Vrydag om 07:30 gaan lyk. Dit begin om 06:58, bereik sy maksimum om 07:30 en eindig om 07:59. Venus is regs bo in die prentjie.