Thursday 15 October 2009

Luister Sterre en Planete op RSG


Luister gerus vanaand na Sterre en Planete op RSG
(Elke Donderdagaand om 20:30)

Medewerkers reg oor die land gaan vir Hennie Maas met die program help, na die afsterwe van Louis Barendse.

Prof. Matie Hoffman van die Fisika Departement aan die UV gaan ook vorentoe sy beurt kry.

Vanaand is `n ou bekende in die sterrekunde-omgewing, Willie Koorts van SAAO, aan die beurt.

Inligting oor die uitsending vanaand:

* Gesels oor die LCROSS-sateliet wat in beheerde omstandighede met die maan gebots het in `n soektog na water.

* Luister ook na die liedjie wat die projekleier oor die projek en die water op die maan geskryf het.

* SALT se oogoperasie word bespreek. Baie interessant hoe die 90 ton monster werk.

* Ook inligting oor die Galilean Nights van 22- 24 Oktober .
Webtuiste: http://www.galileannights.org/

Die praatjie is ook op die web beskikbaar om na te luister of af te laai by hulle potgooi-afdeling of die klankargief


Groete

Hannes Pieterse