Wednesday 12 August 2009

Augustus - Waarnemingshulp


Dis nie meer so koud nie. Sien op Kobus Botha se weerkaart die front is op pad!

Loer aan die regterkantse spyskaart by waarnemingshulp vir nog dokumente wat afgelaai kan word.

Gerrit Penning het vir ons `n lys van helder dieplugvoorwerpe saamgestel wat jou gaan help om minder te wonder waarna om te kyk. Laai die pdf dokument af en maak `n uitdruk.
  • Kliek hier om Junie, Julie en Augustus se voorwerpe af te laai. Die konstellasies is Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo.

  • Hier's dit! Sterkaarte met `n observasielys van die winterkonstellasies bo: Sagittarius, Scorpius, Scutum en Serpens Cauda en Pavo. (In Pdf-formaat. Laai af en maak uitdrukke: Regskliek en stoor op jou rekenaar)

    Groete, Hannes Pieterse