Friday 28 August 2009

Ruimtestasie en dalk Pendeltuig Sondag sigbaar oor SA

Nasa-voorstelling van die pendeltuig vasgemeer aan die ruimtestasie.

Volg die hele sending se verloop op Twitter. Al die ondersoek om te kyk of die pendeltuig nie skade tydens die lansering opgedoen het nie is voltooi. Nou vir die nader beweeg en die vasmeer:


Twitternuus: Sondag, 23:17 - Discovery is 45 miles away from the International Space Station, still on track for docking at 9 p.m. EDT tonight. http://tinyurl.com/ma48dc

Sondag 18:53 - 18:54: Ek en Pieter het die helder stasie met die pendeltuig doer agter op sleeptou (nie sigbaar vir ons) 4 keer gesien. Vir kort oomblikke in dele waar minder wolke of oop was. (Hannes Pieterse).

Sondag: Dit lyk of die pendeltuig wat toe eindelik Vrydagnag gelanseer is eers vandag (Sondag) aan ruimtestasie gaan koppel, of sal mens dit vasmeer noem. Kyk vanaand of jy twee spikkels sien wat oor beweeg. Die ruimtestasie is so groot soos `n rugbyveld en die pendeltuig is naastenby groot soos `n boeing 737.

Vrydag: Die Pendeltuig (Discovery) wat moontlik teen Sondagaand aan die Internasionale ruimtestasie vasgemeer is, kan Sondag so 18:50 regoor Suid-Afrika gesien word. Wees op die uitkyk. Hier is die tye vir die Bloemfontein-omgewing. In die stadium is die pendeltuig se lansering nog op ys en kan dalk vanaand (VSA se Vrydag-aand) eers gelanseer word.

Die twee kan Sondagaand van 18:50:27 so op `n 10 grade hoogte in die Suidweste gesien word. Om 18:53:18 is dit op sy hoogste - 81 Grade WSW. Dan beweeg dit oor tot dit weer so 10 grade bo die horison in `n Noordoostelike rigting verdwyn.



30 Aug 18:50:27 10 SW 18:53:18 81 WSW 18:56:20 10 NE

Laat weer of julle die stasie gesien het. En die Pendeltuig?

Groete

Hannes Pieterse