Thursday 30 July 2009

Vlamme 10 meter vanaf Boyden se heining gestop.

Wat `n skok toe ek die koerant vanoggend oopmaak. (Kliek op foto om te vergroot)

Die opskrif by die foto is "Vlamme woed by Boyden-sterrewag".

Mnr. Braam van Zyl, afdelingsoffisier van die Bloemfonteinse brandweer sê die historiese waarde van die sterrewag het gemaak dat die brand hoë prioriteit geniet. Die veldbrand het eergister begin en is gister finaal onder beheer gebring.

Die brand het tot sowat 10 meter vanaf die Noordelike heining aan Maselspoort se kant gewoed, voor dit onder beheer gebring is en eindelik geblus is.

(Hannes Pieterse)