Saturday 11 July 2009

Komeet C/2008 Q3 (Garradd) is op die soeklys!


As ek so na die weerfoto op Kobus Botha se webtuiste kyk (15:30 - Saterdag) gaan die wolke vanaand weer die wenner wees. (Loer gerus hier na die infrarooifoto). En vanaand is die maan so vanaf 21:30 op sy pos. Dit kan net beter word met die maan wat aan die taan is.

Maar ek is seker die lekker oop donker aande is op pad. So saam met die Volksblad-kunstefees.

Die ouens wat lanklaas `n komeet gesien kan gerus hulle verkykers en klein teleskope uithaal en na C/2008 Q3 (Garradd) gaan soek. Die komeet is op my Nr 1 "Wanted"-lys om die winter se waarnemings mee te begin. Laat weet as julle hom sien.


Hier is `n klompie inligting om diƩ komeet op te spoor:
(Almal Pdf-formaat - Lees met Acrobat-leser.)